Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Winter op Stellenbosch" deur FERDI GREYLING
"Winter op Stellenbosch" deur FERDI GREYLING [boodskap #16037] Di, 07 Julie 1998 00:00
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
Winter op Stellenbosch
Ferdi Greyling

Wolke op die berg
soos rook.
Maar daar is geen vuur op die berg nie.
Net water.

Helder glimlag op jou gesig.
Soos liefde.
Maar jy sien my nie raak nie
as jy in my arms lê.
Jy sien iemand anders.

Toe het ons op die berg gaan loop.
Die landskap breek later oop onder 'n mens.

Op die berg
is daar geen berge meer om jou oë na toe op te slaan nie.
En die landskap lê plat en oopgebreek onder 'n mens.
Vorige onderwerp: "Wie is ek" deur MATTHEWS PHOSA
Volgende onderwerp: "Elegie" deur HENNING PIETERSE
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Apr 29 04:56:53 MGT 2024